Klipwerf Optredes
Vir navrae gebruik die onderstande elektroniese vorm of kontak Kobus Visagie by e-pos: oudrift@hantam.co.za
KLIPWERF VENNOTE


MILESTONE STUDIO’S, KAAPSTAD
Murray Anderson is die eienaar en klankingeneur van Milestones Studio’s Kaapstad waar Klipwerf al hulle albums oor 52 jaar opgeneem het. Oor jare heen het n wonderlike vertrouens verhouding tussen Murry en die orkes ontstaan. n Groot deel van Klipwerf se sukses is te danke aan hierdie groot gees in die musiek bedryf! Murray Anderson ons salueer jou.
T. 021 424 6000 |
E. info@milestones.co.za
www.milestones.co.za


JOHAN VISSER MUSIEK WÊRELD
Hyself is n talentvolle en gerekende musikant. Klipwerf Orkes en Vissie kom al oor baie jare aan en ons is trots om te kan sê dat ons met hierdie groot gees in die musiekbedryf kan besigheid doen! Vissie ons waardeer jou en jou span by Musiek Wêreld opreg vir goeie besigheid en vriendskap.
Besoek gerus vir Musiek Wêreld vir al julle aankope in die musiek bedryf.

OOM NICHOL LOUW
Oom Nichol Louw is gebore en getoë in die Hantam. Hy is n boerseun in murg en been. Afkomstig van die plaas Teefontein in die Calvinia distrik.
Net so lief soos wat hy vir boerdery is, nét so lief is hy vir musiek!! Hy was op sy dae n musikant van formaat en het self n orkes van sy eie gehad.
Oom Nichol Louw het n enorme invloed op die jong Kobus Visagie se musiekloopbaan gehad.
Kobus sê dat hy ongelooflik baie by hierdie groot vriend van hom geleer het. Nie nét om seker te maak dat jou ritme en tyd waarmee jy speel van hoogste kwaliteit moet wees nie maar van wat ágter die musiek eintlik gebeur.
Oom Nichol, dankie vir jou lieflike vriendskap en dat jy n wáre ondersteuner van Klipwerf Orkes is!!


BLIXEM MEDIA – ANDRE CALITZ
VOLG ONS YOUTUBE KANAAL
VOLG ONS YOUTUBE KANAAL
Kontak Ons
E-pos: oudrift@hantam.co.za
Kontak: +27(0)83 233 1318
Gené van Niekerk
E-pos: geneklippie@gmail.com
Kontak: +27(0)83 456 5986