THE MOST FAMOUS BAND YOU’VE NEVER HEARD OF

Iewers in die Hantamwêreld, meer as ʼn halwe eeu gelede, het ʼn groep mans ʼn paar musiekinstrumente opgetel en so is die Klipwerf-orkes uit ʼn blote boereliefde vir musiek gebore.

Ons vier hierdie jaar ʼn allemintige 55 jaar in die
bedryf. Dit was ʼn pad van dankbaarheid en ons vier dié mylpaalverjaarsdag met ons 37ste album.

Dit was 1969 ʼn nederige begin. In ʼn ou bakkie het twee manne voor gesit, en die res – saam met al die instrumente – agter.

Daardie jare was daar ʼn handtelefoonsentrale op die nabygeleë Klipwerf-nedersetting. Mense moes die Klipwerf-sentrale bel en nommer 1121 gevra het, so het hulle dan ʼn vertoning of twee bespreek.

Baie dinge het deur die jare verander. Daar was ook al ʼn hele paar lede, onder wie Hentie en Johann Visagie, Pieter van Hoggerenberg, Kinkie Augustyn, Willem Nel, Johannes van der Colff, Abe Lourens, Derick Germishuys, Theuns Nel, Johnny Dreyer, Jacob van Niekerk en Willie Burger.

Ons pas aan met die tye en daar is ʼn besonderse vriendskap tussen die lede van die groep. Dit is deel van die gom wat ons al die jare bymekaar gehou het, en ook die rede waarom ons instrumente vir lank nog nie stil is nie.

Met voortdurend vooruitgang in die orkes gaan ons die poppe laat aanhou dans.

ORKES LEDE

Kobus Visagie
Gene van Niekerk
Edwin Bradley
Wernich Nagel
Wernich Nagel

Hoe Klipwerf sy Naam gekry het

Klipwerf Orkes het sy naam gekry van die mense wat die groep gehuur het. Die plaas Klipwerf bestaan uit ‘n plaasskool, poskantoor en kontantwinkel. Normale plaas aktiwiteit is ook deel van die plaas.

Die Visagie familie plaas – Middelwater – is naby aan die plaas Klipwerf geleë. Sowat dertig jaar gelede was die ou slinger telefone en handsentrale nog in algemene gebruik. Die destydse poskantoor het ‘n tussenstasie vir die handsentrale opgerig naby die Klipwerf plaas. Middelwater en Calvinia was ook bedien deur hierdie sentrale, dus moes enigiemand wat die groep in die hande wou kry, vra vir hierdie sentrale.

Die proses om ‘n oproep te maak het ongeveer só gegaan;
Eerstens moes jy die handstuk optel en dan die slinger aan die kant van die instrument draai.
Die sentrale aan jou kant antwoord dan met: “Nommer asseblief”.
Jy moes dan die nommer gee vir die Middelwater plaas: “Klipwerf 1121, asseblief”.
Die operateur het jou dan met die tussenstasie verbind, wat jou weer op sy beurt met Middelwater se instrument verbind het.

Dit is hoe al hoe meer mense begin vra het vir Klipwerf en dit spontaan die groep se naam geword het.

Vorige lede van Klipwerf

Oupa Hentie Visagie

Kitaar:
Oupa Hentie Visagie (Oorlede)

Johann Visagie

Tromme:
Johann Visagie (Oorlede)

Pieter van Hoggerenberg

Trekklavier:
Pieter van Hoggerenberg (Oorlede)

Kinkie Augusteyn

Trekklavier:
Kinkie Augustyn (Oorlede)

Willem Nel

Trekklavier:
Willem Nel (Oorlede)

Johannes van der Colff

Kitaar:
Johannes van der Colff

Abe Lourens

Kitaar:
Abe Lourens

Derick Germishuys

Tromme:
Derick Germishuys

Theuns Nel

Kitaar:
Theuns Nel

Johnny Dreyer

Tromme:
Johnny Dreyer

Jacob van Niekerk

Tromme:
Jacob van Niekerk

Willie Burger

Kitaar:
Willie Burger

Kontak Ons

Kobus Visagie
E-pos: oudrift@hantam.co.za
Kontak: +27(0)83 233 1318

Gené van Niekerk
E-pos: geneklippie@gmail.com
Kontak: +27(0)83 456 5986