
KLIPWERF ORKES
Klipwerf Orkes is die mees bekende orkes in SA waarvan jy nog nooit gehoor het nie.
Ons is ‘n trotse, Suid Afrikaanse, musiekgroep wat boeremusiek speel.
Gestig in 1969 uit ‘n blote boereliefde vir musiek en waardering vir besonderse vriendskappe.
© kopiereg KLIPWERF ORKES. alle regte voorbehou.
HANTAM BERGE
Ou Hantamland.
Ou Hantamland, ons geboorte land… Land van vars bergwater… Land van droogtes… Land van malse blommeprag maar ook land van ‘n wolkelose hemel.
Hier leer kinders aan moedersknie van vasbyt, vasvat, vorentoe beur, van weer probeer.
In ons ou Hantamland word seuns en dogters groot gemaak met ‘n ingesteldheid en gees van vooruitgang. Hier weet ons om ‘n traan van dankbaarheid te stort as die eerste reëns val en die ooie begin lam. Hier weet ons om dankie te sê aan Hom wat vir ons voorsien.
Vanaand verlang ek na my ou Hantamland…na daar waar die son gaan slaap en ek kan luister na die nag se geluide… waar ek kan lê om sateliete in die hemelruim te soek en waar ek kan sterre pluk totdat die slaap snoesig met my lepel lê.
Vanaand verlang ek na my Hartland… ons ou Hantamland.
Toekennings

55 Jaar
BESTAANSVIERING

24x
GOUE TOEKENNINGS
25 000 ALBUM VERKOPE

7x
PLATINUM TOEKENNINGS
50 000 ALBUM VERKOPE

4x
TEMPO TOEKENNINGS

2x
SAMA TOEKENNINGS

2x
SATMA TOEKENNINGS

1x
OKTV TOEKENNING

VERSKEIE
FAK TOEKENNINGS

5x
OSKAR TOEKENNINGS

2x
GHOEMA TOEKENNINGS
Kontak Ons
E-pos: oudrift@hantam.co.za
Kontak: +27(0)83 233 1318
Gené van Niekerk
E-pos: geneklippie@gmail.com
Kontak: +27(0)83 456 5986

